Op 16 Februarie 2026 is ‘n besondere dokument onderteken wat die geboorte van Ensō Akademie amptelik beseël het — die Gedenkmanifes.
Tydens die openingsgeleentheid in Wonderboom, Pretoria, het die skoolhoof, MOS-leierskap en die skool se eerste vyf leerders hul handtekeninge geplaas as ‘n verbintenis tot die waardes waarop Ensō Akademie gebou is: uitnemendheid sonder om karakter te verloor, ‘n kultuur van samewerking en respek, en ‘n ruimte waar jongmense groot kan droom, anders kan dink en met moed kan bou.
Hierdie manifes is meer as ‘n seremonïele dokument — dit is ‘n lewende belofte aan elke leerder, ouer en gemeenskapslid wat deel is van hierdie reis.