083 788 4241

hoof@ensoakademie.co.za

Meer as net punte: Só berei Ensō Akademie leerders vir lewe ná skool voor

Hierdie artikel het oorspronklik op 7 Augustus 2026 as ‘n promosie-artikel op Maroela Media verskyn: Ensõ Akademie plaas die leerder, nie net punte nie, eerste.

Die wêreld waarin vandag se tieners grootword, verander vinnig. Daarom vra al hoe meer ouers nie net watter punte hul kind behaal nie, maar ook of die skool hulle leer om selfstandig te dink, verantwoordelikheid te aanvaar en met selfvertroue besluite oor hul toekoms te neem.

Ensō Akademie, ʼn onafhanklike Afrikaanse hoërskool in die noorde van Pretoria en lid van die MOS Inisiatief vir moedertaalonderrig in onafhanklike skole, volg ʼn benadering waarin akademiese ontwikkeling en persoonlike groei hand aan hand gaan.

Die skool se doel is om leerders nie net vir hul volgende eksamen voor te berei nie, maar ook vir die lewe wat ná skool wag.

Drie vrae wat rigting gee

Drie kernvrae vorm die grondslag van Ensō Akademie se benadering:

  • Wie is ek?
  • Waar behoort ek?
  • Hoe berei ek my op my toekoms voor?

Leerders word aangemoedig om hul vermoëns, belangstellings en waardes beter te leer ken. Die doel is nie om aan almal dieselfde voorskrif te gee nie, maar om elke leerder te help om ʼn verantwoordelike en doelgerigte koers te kies.

Leer teen jou eie tempo

Moedertaalonderrig vorm ʼn belangrike deel van Ensō Akademie se benadering en glo leerders kan ingewikkelde begrippe beter verstaan, hulself met groter selfvertroue uitdruk en aktiewer aan die leerproses deelneem wanneer hulle in Afrikaans onderrig ontvang.

Met die MOS-leerstelsel kry leerders die geleentheid om teen ʼn tempo te vorder wat by hul ontwikkeling en behoeftes pas. Terselfdertyd word hulle geleer om doelwitte te stel, onafhanklik te dink en verantwoordelikheid vir hul akademiese vordering te aanvaar.

Groei buite die klaskamer

Die skoolervaring strek ook verder as handboeke, take en eksamens.

Leerders kan deur Pure Vibz aan verskeie musiekaktiwiteite en -lesse deelneem, terwyl inisiatiewe soos die Ubuntu-uitdaging hulle aanmoedig om nuwe vaardighede en ervarings te verken.

Karaktervorming, kultuur, sport, kreatiwiteit en diens aan ander vorm saam met akademiese ontwikkeling deel van die skool se breër aanbod. Die uitgangspunt is dat leerders nie almal dieselfde belangstellings, talente of toekomsplanne het nie en daarom ook nie noodwendig presies dieselfde pad hoef te volg nie.

Ouers wat meer oor dié benadering tot onderwys wil uitvind, kan Ensō Akademie se kampus op die hoek van Sagelaan en Lavenderweg in Wonderboom, Pretoria, besoek.

Inskrywings vir 2027 is reeds oop. Skryf jou kind hier in.

Vir meer inligting of om ʼn kampusbesoek te reël: